Date: 5/7/2008
Mad Poet 43
...
...
>>>>Download Pic<<<<
Ek luister!
...as ek my siel verduister sal
jy nog steeds saggies in my
oor kom fluister? Elegant en
spontaan le jy naak langs my,
en ek luister!
...voel my sagte asem, warm
teen jou gladde rug af wasem.
My lippe gly oor jou sagte vel,
soos die oggend dou van fyn
blaar-palms af rol. Met my lippe
proe ek hoe jou vel prikkel tot
in jou sy - tot in jou fyn geskulpte
vroulike heupe!
Dit is jou middernag maanskyn
reuk wat my so mislei! Stadig
draai jy om tot op jou sy... en
genadeloos kyk jy vir my. Die
magnetisme in jou herfs-gebore
oe lei my advontuurlustige lippe
weer egalig en gelydelik tot bo!
Todat ek weer die oggend dou
op jou soet lippe kan proe!
...en ek wag tot jou naakte engel
liggaam in die donker nag vir my
intieme geheime fluister ...tot in
elke sel van my wolf-bekeerde
wese ...want ek luister!
PS. Sorry oor die afrikaans! - Ek probeer ophou! LOL!

NEXT/INDEX(new portal)
Blogs
Main